Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

Zanu-PF dink aan regverdige verslaggroepe vir verkiesing: Zim nooi 'regte' waarnemers

Mandy Rossouw

Beeld, 11 February 2005

Kaapstad - Waarnemergroepe wat die Zimbabwiese verkiesing wil bywoon, sal 'binne die volgende paar dae' hul uitnodigings ontvang, het 'n senior Zimbabwiese diplomaat gister gesê.

Mnr. Pearson Chigiji, senior diplomaat by die Zimbabwiese hoë kommissariaat in Suid-Afrika, het gister gesê die uitnodigings sal gerig word aan groepe wat die ZanuPF-regering dink 'regverdig verslag kan doen oor die verkiesing'.

Chigiji het 'n bespreking oor parlementêre demokrasie in Suider-Afrika bygewoon wat gereël is deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir International Aangeleenthede (SAIIA) en waar die Zimbabwiese regering deurgeloop het onder akademici en ander belanghebbendes se kritiek.

Hy het gesê daar word versigtig gekyk wie om te nooi om die verkiesing, wat op 31 Maart gehou word, te gaan waarneem.

'Baie mense in Suid-Afrika het belange in Zimbabwe en hulle sal die verkiesing verdraai soos dit hulle pas,' meen hy.

Zanu-PF is vol vertroue dat dié party die verkiesing sal wen. Zimbabwe is hard aan die werk om die verkiesingsbeginsels soos uiteengsit deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) na te volg.

'Die regering is nie regtig gepla oor die moontlike slegte dinge wat oor Zimbabwe gesê gaan word ná die verkiesing nie. Dié wat negatiewe dinge wil sê, moet dit sê. Ons is nie op pad na Londen of Washington om dáár verantwoording te gaan doen nie, ons moet verantwoordbaar wees aan die mense in Zimbabwe. Dit is al wat saak maak,' het Chigiji gesê.

Mnr. Takawira Musavengama van die SAOG se parlementêre forum het gesê volgens die SAOGverkiesingsriglyne moet die uitnodigings reeds 90 dae voor die verkiesing gestuur word.

'Maar dit is onprakties, want die datum vir die Zimbabwiese verkiesing is aangekondig na dié sperdatum.'

Email updates

Call For Papers

SAJIA Call for Papers

Follow us

Facebook linkedin Linked In
Twitter    

Resources

img_logo_africa_portal_colour_sm

aprm_logo_toolkit_02.png
aprm_logo_amp_toolkit_01

SAIIA Podcasts

img podcast new logoLISTEN!
SAIIA's examines foreign policy issues in Mozambique, SA and the BRICS and the impact of Iranian oil sanctions on SA.

Click Here To Listen >>

 

 

SAIIA In The News

 

Goodwill and Hard Bargains: The DRC, China and India

by Gregory Mthembu-Salter
SAIIA Occasional Paper No 114, March 2012
Download-English [.pdf]

more>

 

China in Kenya: Addressing Counterfeit Goods and Construction Sector Imbalances

by Hilary Patroba
SAIIA Occasional Paper No 110, March 2012
Download-English [pdf.]

more>

 

South Africa as Africa’s Gateway: A Perspective From Business

by Dianna Games
SAIIA Policy Briefing 46, March 2012
Download-English [pdf].

more>
 

The Tripartite FTA and the Services Sector

by Matthew Stern
SAIIA Policy Briefing 45, February 2012
Download-English [pdf].

more>
   

Features Archive

Click here to view the Features Archive

Bookmark and Share


© SAIIA 2012; NPO:058-556 Site maintained by BIG Media